Org de Rac wen met beste organiese wyn
Org de Rac buite Piketberg het met een van die top-toekennings weggestap in vanjaar se Michelangelo Interational Wine and Spirits Awards toe hul die Michelangelo Organic Trophy ingepalm het met hul Org de Rac Roussanne 2019.
Die trofeë word toegeken met paneelkonsensus aan die inskrywings in die onderskeie klasse/ kategorieë wat die hoogste punte behaal het.
Org de Rac Roussanne 2019 het die hoogste punt in die klas vir organiese wyne behaal.

Onder die ander Swartlandse produsente wat uitstekende gevaar het, is
Platinum:
(Om platinum te ontvang moet die inskrywing ‘n punt van 96% of meer ontvang.)
Dit is vanjaar aan 24 inskrywings toegeken.
Blake Family Wines Tourmaline White Blend 2018
Darling Cellars Black Granite Shiraz 2018
Brink Family Vineyards Shiraz 2018 (Pulpit Rock)
Dubbelgoud:
(Om dubbelgoud te ontvang moet die inskrywing ‘n punt van 93% of meer ontvang.)
Onder die 89 wenners tel:
Meerhof Premium Grenache Rosé 2019
Meerhof Shiraz 2019
Meerhof Arbeidsgenot Shiraz 2018
Meerhof Red Blend 2018
Louisa Cape Blend 2016 (Pulpit Rock)
Louisa Dessert Wine 2019 (Pulpit Rock)

Goud:
(Om goud te ontvang moet die inskrywing ‘n punt van 89% of meer ontvang.)
Groote Post Merlot 2018
Groote Post Riesling 2019
Salt of the Earth 2018 (Groote Post)
Groote Post Sauvignon Blanc 2020
Groote Post Sea Salter Sauvignon Blanc 2020
Meerhof Chardonnay 2020
Meerhof Premium White Blend 2019
Meerhof Grenache Rosé 2020
Meerhof Cabernet Sauvignon 2019
Meerhof Premium Shiraz Grenache 2018
Org de Rac Cabernet Sauvignon 2018
Ormonde Barrel Selected Merlot 2015
Ormonde Barrel Selected Shiraz 2009
Riebeek Cellars Collection Pinotage Rose 2020
Riebeek Sauvignon Blanc 2020 (Riebeek Valley Wine Company)
*Die Swartland se top-jongwyne is ook verlede week vereer en Darling Cellars het die Absa Groot Kampioen-trofee verower met hul Shiraz/Pinotage (gehout).
Dié wyn is ook as die SA Kampioen Rooi versnit aangewys.
Die ander kelders wat trofeë ontvang het, was Allesverloren, Babylon’s Peak en Pulpit Rock.

*In nog ‘n kompetisie, die Novare Terroir-toekennings, is die streekwenners uit elke wyn van oorsprong-streek aangewys.
Hier is die Darling-distrik se top-wyne per kultivar.
Chenin Blanc: 2019 Ormonde Chip off the Old Block Chenin Blanc
Sauvignon Blanc: 2019 Ormonde Chip off the Old Block Sauvignon Blanc
Cabernet Franc: 2015 Ondine Cabernet Franc
Malbec: 2018 Ondine Malbec
Grenache: 2017 Ondine Grenache