CommunityGeneral

Swartland-Hospitaal se kraamafdeling heropen

Die Swartland-Hospitaal is tans in die proses om dienste wat voor die brand in Maart 2017 by dié hospitaal gelewer is, terug te bring.
Só het die woordvoerder, Leensie (Streicher) Lötter, by navraag aan dié courant gesê.
In Junie vanjaar het die meeste nooddienste reeds ‘n terugkeer gemaak met die uitsondering van verloskunde-gevalle wat steeds na verskillende hospitale verwys is.

“Kraamdienste (vir kraamgevalle sonder komplikasies) keer van Maandag 5 Oktober terug na Swartland-Hospitaal en die volle kraamdiens (teater/keisergevalle) behoort teen begin November by die hospitaal te hervat. Personeel van die kraamsaal wat sedert die brand by Paarl-Hospitaal gewerk het, het reeds vroeër in September hul werk by Swartland-Hospitaal hervat en voorbereidings gedoen om die kraamsaal hier te heropen.”
Voor die brand destyds het die Swartland-Hospitaal ‘n kapasiteit van 85 beddens gehad en met die aanbou van die nuwe sale word die bedkapasiteit herstel tot 89 beddens,” sê sy.
Die Covid19-pandemie het genoodsaak dat sowat 27 beddens tans in ‘n Covid-saal gereserveer word en is die huidige bedkapasiteit tans op 68.
Op ‘n vraag oor die aantal pasiënte wat die afgelope tyd by die ongevalle-afdeling gesien in vergeleke met verlede jaar, sê Möller dit het nie soveel verander nie.

‘n Groot deel van die hospitaal is in 2017 in ‘n brand vernietig.
Die nuwe voortuin en gedeelte wat die beskadigde gedeelte vervang.

Daar was met die aanvang van die inperkings ‘n sterk afname, maar die getalle het intussen weer toegeneem. So is daar in Augustus vanjaar 1633 pasiënte gesien teenoor die 1811 in dieselfde maand van 2019.
Möller het gesê die publiek moet net daarop let dat die nuwe ingang na die ongevalle-afdeling by PG Nelsonstraat-ingang. Daar is ‘n aanwysingsbord.

Die nuwe ingang na die noodeenheid/ongevalle

“Verder wil ons ook van die geleentheid gebruik maak om die publiek in te lig van die volgende:
Pasiënte wat die Swartland-Hospitaal en ander openbare gesondheidsfasiliteite besoek, word daaraan herinner om asseblief hulle ID-dokumente, ‘n afskrif van hul salarisstrokie asook hul mediesefondskaart/besonderhede (indien van toepassing) saam te bring asook ‘n bewys van adres. Hierdie versoek geld vir besoeke aan alle openbare gesondheidsfasiliteite.”

Die direkte kontaknommers van die sale by die Swartland-Hospitaal is:
Saal A (algemene saal vir mans)– 022 487 9331/9225
Saal B (pediatrie en vroue) – 022 487 9234/9228
Daar is ook twee nuwe kontaknommers (022 486 8001 of 022 486 8002) wat die ou nommer van Malmesbury CDC (022 486 8000) vervang.

Leave a Reply

error: Content is protected !!