Nasionale Tuindag ook op Malmesbury gevier
Sondag is dit weer Nasionale Tuindag en in die Swartland deel Growing Paper buite Malmesbury die afgelope paar jaar aktief in dié spesiale viering.
Nileta Knoetzen van Growing Paper vertel die personeel het in die verlede al hooftooisels met blomme en ander materiaal gemaak.
Vanjaar het hulle besluit op omgewingsvriendelike boomversierings. Die idee was dat dit funksionele versierings uit herwinningsmateriaal moet wees wat voëls lok en ‘n bydrae kan lewer tot bestuiwing.
Die spanne het vanoggend behoorlik gewerk om hul inskrywings reg te kry en in die bome op die plaas op te hang.
Aan innovering met herwinning en kleur het dit nie ontbreek nie.
Daar was vyf spanne: Boom Chakalaka Gardeners, Lover House, Razzle Dazzle Gardeners, Spring Queens en Tree Hangers.
Elke span het uit 6 lede bestaan.
Die boomversierings is ook beoordeel vir onder meer funksionaliteit (of is dit vink-sionaliteit), oorspronklikheid en die estetiese.
Uiteindelik het Tree Hangers met die louere weggestap.