EntertainmentLatest

Swart oes louere by fotografieklub

Op die Swartland Fotografieklub se maandvergadering het Pieter Swart van Malmesbury se foto Sunset at the River met die louere weggestap as aandwenner. Dit was ook die senior wenner.

Die beoordelaar vir die maand was Niel Goslett.
Met Water as tema vir Oktober het Herman Olivier, ook van Malmesbury, die beste punt behaal met sy foto The Secret Falls.
Hersia de Jager van Rebeek-Wes was die wenner in die junior afdeling met haar werk Tog te lekker.

Sunset at the River ©Pieter Swart
The Secret Falls ©Herman Olivier
Tog te lekker ©Hersia de Jager
Green Grass ©Belinda Ruhl

Belinda Ruhl het die selfoonafdeling gewen met ‘n foto genaamd Green Grass.
Die Swartland Fotografieklub bied vanjaar vir die eerste keer ‘n internasionale salon aan. Daar was meer as 4000 fotoinskrywings en die beoordeling het verlede week begin.

Die wenners sal binnekort aangekondig word en sal ook op uitstalling wees by vanjaar se Solo Studios-naweek op Riebeek-Kasteel (11 tot 13 Desember).

Die klub vergader elke tweede Donderdag van die maand. Besoek gerus die klub se webwerf, www.swartlandphotoclub.co.za.

Leave a Reply

error: Content is protected !!