Staproetes bied splinternuwe ervaring van Riebeekvallei
‘n Splinternuwe inisiatief vir Swartlanders en toeriste wat die buitelug met o.a. wyn en olywe wil paar, die begeleide Riebeekvallei Wyn- en Olyfstaproetes, is pas bekend gestel.
Die skone landskap en Kasteelberg staan midde dié opwindende toevoeging tot die streek se toerismespyskaart en is die perfekte agtergrond vir die roetes wat kronkel langs die wyn- en olyfplase aan sy voet.
Hierdie nuwe roetes is die geesteskind van Pieter du Toit van Kloovenburg en Yvette Puchert.
Daar is verskillende roetes beskikbaar en verbind van die gewilde wyn- en olyfbestemmings in die Riebeekvallei en Riebeeksrivier.
Gaste kan vir een dag tot drie dae met ‘n kundige gids op die roetes kom stap met volop unieke vistas – soos Tafelberg en die Voëlvleidam – wat nooit voorheen vir besoekers beskore was nie en ook meer van die streek se unieke natuurlewe en geskiedenis leer. Die pakkette sluit ook akkommodasie in.
Die ervaring met van die streek se beste en bekroonde produkte kan pasgemaak word met spesiale wyn-, olyf en koffieproeë, ‘n piekniek en/of ‘n langtafelete met die streek se gasvrye inwoners.
Dink aan ‘n gewilde jenewer-paring op die Royal Hotel se bekende ekstralang stoep of geniet ‘n heerlike Franse styl piekniekmandjie onder eikebome; ‘n MCC-proe of ‘n olyf- en olyfolieproe by die bekroonde Olive Boutique of ‘n koffieproe by Beans About Coffee en oornag in die Ou Pastorie, of die Royal Hotel of Ruby Rose-gastehuis.
Die staproetes wissel in lengte en moeilikheidgraad.
Só is daar die
Die Olienhout- en Sauvignon Blanc-roete (± 6 km • 4,5-5 uur – Matig met ‘n paar geleidelike en deurlopende hellings) vanaf Kloovenburg -‘n stadige kronkeling tot by die asemrowende uitkykpunt met ‘n aantal proeë langs die pad wat uitloop op ‘n heerlike piekniek onder dié landgoed se 100 jaar oue eikebome.
Die Kasteelberg Meander (± 6 km • 5 uur – Matig) kronkel langs die Riviersonderend-kant van die berg met besoeke aan Goedgedacht-plaas en die bekroonde Mullineux-wyne. Dié roete eindig stoep van The Royal Hotel.
Die Wyn-, olyf- & koffie- roete (3,5 uur) is ‘n moeilike staptog tot bo op die Kasteelberg met ‘n Pulpit Rock MCC-proe langs die pad, ‘n keldertoer met middagete, gevolg deur ‘n olyfolie-proe by Olive Boutique en ‘n Beans About Coffee-proe by The Barn.
Groepe van 8 tot 15 mense is welkom.
Kontak Yvette Puchert om te skakel by 083 411 2083 of besoek hul webwerf www.riebeekvalleytrails.co.za vir meer inligting of stuur e-pos aan rvwineandolivetrails@gmail.com