Nuwe toep, apparaat vir nood en veiligheid
Met die vrystelling van ‘n nuwe unieke selfoontoepassing en ‘n waterdigte paniekkommunikasie-apparaat, kan inwoners van die Swartland en Weskus nou veiliger voel en vinniger hulp ontvang in nood.
Die nuwe gesinsgerigte toepassing en diens vir noodreaksie wat 24/7 gewapende reaksie en geakkrediteerde mediese nooddienste bring, is vandeesweek op Langebaan bekend gestel.

Dit word landwyd deur meer as 300 private sekuriteit- en mediese nooddienste gerugsteun om te verseker dat intekenare elders in Suid-Afrika ook kan reis en outomaties hulp van die naaste beskikbare reaksievoertuig sal ontvang.


Die toepassing word in die groter Weskusarea deur MSS uitgerol en belangstellendes kan dit vir 7 dae gratis toets.
Laai die toep gratis af van Google Playstore of die Apple App Store.
https://play.google.com/store/apps/details?id=com.response24.msssecurity
https://apps.apple.com/us/app/mss-security/id1525882886

Intekenare kan die toep, wat ook deurlopend ontwikkel en bygewerk word, met ‘n lys opsies op hul selfone (smartphones) pasmaak vir hul eie behoeftes.
So byvoorbeeld is daar die funksie om ‘n sogenaamde geo-omheining (geofence) op te stel vir ‘n geliefde. Jy sal dan ‘n boodskap ontvang as die persoon daardie gemerkte area verlaat.
Wanneer jy of ‘n geliefde in gevaar is, aktiveer die druk van ‘n knoppie die beheerkamer met jou presiese GPS-posisie – selfs as jy nie kan praat nie of nie weet waar jy is nie.


Intekening vir dié gesinsgerigte toepassing om 24 uur gemoedsrus te gee, beloop R100 vir ‘n gesin van vier op die premium-opsie.
Wanneer hulp deur middel van die sein geaktiveer word, sal die beheerkamer onmiddellik skakel.
Altus Koen van MSS sê dit is inderdaad so dat selfone dikwels die eerste ding is wat in ‘n misdaadinsident geneem word. “In só ‘n geval kan die unieke waterdigte paniekkommunikasie-apparaat beslis die antwoord wees.

“Hierdie klein paniekapparaat bied die beheerkamer die geleentheid om in te skakel en presies te hoor wat op die toneel aangaan sonder dat die slagoffer dit noodwendig hoef te beantwoord of te praat.
“Sodoende weet ons of ons slegs die naaste gewapende reaksie moet uitstuur en/of die naaste mediese hulpvoertuig,” voeg hy by.
“Hierdie nuwe diens skakel kommunikasiehindernisse uit vir lewensnoodsaaklike tydsbesparing met vinniger reaksietye. Sekondes red lewens.”
Koen sê die integrasie van diensverskaffers met ‘n landwye netwerk wat ook deurlopend uitgebrei word, is ‘n belangrike basis vir die nuwe diens.
Daar is met die toep ook opsies vir toestemming-gebaseerde regstreekse liggingdeling, -volging en sigbaarheid waar nodig.
Dit is ook moontlik om die nooddiens namens ‘n ander persoon te aktiveer vir kitsondersteuning.


Dié tegnologie stuur ‘n voertuig met ‘n gewapende reaksie outomaties na jou presiese plek as jy bedreig voel – selfs as jy nie kan praat of nie weet waar jy is nie.
Skep op die toepassing groepe soos familie, vriende en werkskollegas om veiligheid en welstand te verseker.
Van die oomblik wat die waarskuwing geaktiveer word, word almal op hoogte gehou. Jy, jou vriende en familie in daardie betrokke groep en noodpersoneel kan almal sien wanneer die hulp geaktiveer is en hoe ver die reageerder(s) van die toneel is.
Jy kan ook jou ligging met ander groeplede deel en afhanklikes by jou hoofrekening voeg.