Rata se somerseisoen nou op dreef
Ná die amptelike opening Vrydagaand van die nuwe Royal Arts Town-amfiteater op Riebeek-Kasteel, was dit ook Saterdag die laaste vertoning hier van die splinternuwe teaterstuk Covid Moons.
Clare Stopford het Covid Moons geskryf met bydraes deur Kathu Ramabulana.
Die Somerseisoen by Rata is nou in volle swang met die volgende vertoning op Saterdag 28 November. Dit is ‘n kindervertoning Stuppet Stories om 10:30 en weer om 16:30.
Die storievertellerpoppe, is vyf vriende wat al lank in ‘n tas wag om uitgelaat te word.
Hulle het elkeen hul eie verhaal om te vertel van hoe vriendelik hulle met mekaar en met Moeder Aarde is.
Mr Mouse, Gogo, Goat Man, Uncle Jack en Green Man is opgewonde om die kinders by Rata te ontmoet. Die vertoning in Engels is 30 minute en vir kinders vanaf 5 jaar.
Bespreek kaartjies (R35) by https://artstown.co.za/book-now/
Op 4 en 5 December bring die radio- en televisiepersoonlikheid en aktrise Lynita Crofford haar bekroonde vertoning as Emily Hobhouse en Tant ‘Alie – An Audience with Miss Hobhouse – na die Riebeekvallei.
Sy het daarmee reeds die Standard Bank Ovation-toekenning en ‘n Fleur du Cap-nominasie ontvang.
Emily Hobhouse het in Suid-Afrika bekendheid verwerf en haar die gramskap van haar eie Britse volk op die hals gehaal toe sy die haglike omstandighede waarin en wyse waarop die Britte Boere-krygsgevangenes – hoofsaaklik vroue en kinders – tydens die Boereoorlog van 1899-1902 in konsentrasiekampe aangehou en behandel het.
Die stuk is geskryf deur Tony Jackman en regie word behartig deur Christopher Weare
Die vertonings (60 min) begin om 20:15 en is nie geskik vir jong kinders nie
Bespreek kaartjies (R100) by https://artstown.co.za/book-now/