Solo Studios het propvol program met verrassings

Die relings vir vanjaar se Solo Studios (11-13 Desember) in die Riebeekvallei is in die pylvak en deelnemende kunstenaars het gisteraand vergader om van die finale afrondings te bespreek.

‘n Opwindende en propvol program met solo-uitstallings, intieme ateljeekuiers (met Covid-19 protokol, natuurlik), musiekoptredes, teater, wynaanbiedings (Art of Wine) met van die streek se beste wyne, groepuitstallings en Solo-kitchens is op die spyskaart vir die naweek.

Getalle word beperk en dit is daarom belangrik om vooraf te bespreek.
Daar is ook ‘n paar verrassings en ‘n unieke eerste solo-uitstalling waarvan die besonderhede eers ‘n bietjie later bekend sal word.

Solo Studios is ‘n moet vir enige kunsliefhebber.

Bespreek vandag jou kaartjies by https://solostudios.co.za/book-now/

Leave a Reply

error: Content is protected !!