EntertainmentLatestSchools

Jong CPM-fotograwe hou streek se naam hoog

Fotograwe van die Christelike Privaatskool Malmesbury het op die nasionale verhoog presteer en die tweede plek ingepalm in die skole-afdeling van die SA fotografievereniging (PSSA) se kompetisie vir opkomende fotograwe.
Sewe leerders van CPM en ‘n oud-leerder het aanvaardings in PSSA se 18de salon vir opkomende fotograwe ontvang. Een van die leerders, Tihan Wessels, het twee aanvaardings ontvang.

‘n Foto word aanvaar as dit goed genoeg is om, soos in die ou dae, vir ‘n fotouitstalling met beperkte uitstalruimte uit al die inskrywings aanvaar te word.
Oud-leerder Kimber Nicholas (nou in Hoërskool Swartland) het in die skoliere-afdeling vir digitale kameras ‘n aanvaarding ontvang.
Al die ander aanvaardings was in die selfoonkategorie.
Wat die prestasie van CPM verder merkwaardig maak, is dat dit ‘n laerskool is wat die tweede plek behaal het. Die eerste plek met die meeste punte is ingeneem deur Hoërskool Linden in Randburg terwyl die Hoërskool Charlie Hofmeyr op Ceres derde geëindig het.
Thunai Naicker het ‘n hoë punt ontvang en daarmee ook ‘n spesiale merietetoekenning.

Die foto’s wat aanvaardings gekry het, was
Digitale kamera-afdeling
Sun deur Kimber Nicholas
Selfoonafdeling
from a worms eye view 5 deur Thunai Naicker (merietetoekenning)
Champ-Elysees deur Alyssa Bester
op soek na huis deur Julian Bester
Tjieng-tjieng deur Philip Brandt
Water deur Anikah Kotze
Let there be light deur Jaco Louw
Ek rus net deur Tihan Wessels
rustend deur Tihan Wessels

from a worms eye view 5 ©Thunai Naicker (merietetoekenning)
Sun ©Kimber Nicholas
Champ-Elysees ©Alyssa Bester
op soek na huis ©Julian Bester
Tjieng-tjieng ©Philip Brandt
Water©Anikah Kotze
Let there be light ©Jaco Louw
Ek rus net ©Tihan Wessels
rustend ©Tihan Wessels

Leave a Reply

error: Content is protected !!