Jong HSS-fotograaf presteer

‘n Jong fotograaf van die Hoërskool Swartland het pas op ‘n internasionale platform in Iran presteer met een van haar foto’s.
Alexa Bothe (13) se foto In the Kelp forest is deur die beoordelaars in die Mental Health 2020 International Exhibition Of Photography 2020 se ope kleurafdeling met ‘n aanvaarding beloon.

Dit beteken die foto sou gekeur word vir uitstalling sou dié internasionale salon onder die vaandel van die Internasionale Federasie van fotografiese kuns (FIAP) ‘n uitstalling hou.

In the Kelp forest ©Alexa Bothe

Bothe het met van haar ander werk verlede jaar ook aanvaardings gekry in Luxemburg in die 33ste Concours International de Photos pour la Jeunesse 2020 en die nasionale PSSA-salon vir opkomende fotograwe.

Sy is lid van die Tafelberg Fotografieklub en Witzenberg Photographic Society.

Leave a Reply

error: Content is protected !!