Olivier bekroon vir sy fotokuns
Herman Olivier APSSA van Malmesbury het weer die hoogste punt behaal op die Swartland Fotografieklub (SFK) se maandbyeekoms met sy foto Tranquil setting.
Olivier het ook onlangs ‘n besondere prestasie behaal toe hy deur ‘n baie streng keuringspaneel van die PSSA (Fotografiese vereniging van Suid-Afrika) vir die titel APSSA gekeur is.
Hy moes ‘n paneel van 15 foto’s voorlê vir die APSSA (Associateship)-onderskeiding.
Die APSSA word, luidens PSSA, toegeken vir ‘n “hoë standaard van tegniese vaardigheid, bekwaamheid en kreatiewe vermoëns. Hierdie toekenning gee erkenning aan ‘n hoë standaard van prestasies in die kuns en wetenskap van die medium en word toegeken as erkenning vir werk van ‘n goeie estetiese en tegniese standaard”.
Olivier het met dié suksesvolle aansoek – teen die PSSA se aanbeveling in – sommer die laer LPSSA-toekenning gesytap en die meer senior titel verwerf. Besondere prestasie by SFK. Gaan kyk gerus na die paneel by Herman Olivier se APSSA-paneel.
Die Swartland Fotografieklub se maandtema was Paasfees en Olivier het ook die wenfoto The Reason in dié afdeling ingeskryf.
In die junior afdeling het ‘n nuwe lid van die klub, Celine Janse van Rensburg, met haar foto Pessach, wat ook in die tema-afdeling meegeding het, die beste gevaar.
Adriaan Vlok het die wenfoto – Huge – in die selfoonafdeling ingeskryf.
Die fotografieklub vergader elke tweede Donderdag van die maand. Wanneer Covid-maatreëls dit vereis, word die byeenkoms virtueel gehou.
Die tema vir Mei is Voëlfotografie. Die klub het hierdie naweek ‘n voëluitstappie na die Weskus. Daar word ook later vandeesmaand ‘n Adobe Lightroom-kursus aangebied.
Belangstellendes wat by die klub wil aansluit, kan die voorsitter Belinda Ruhl skakel by 066 237 5107.
Sluit gerus aan by die klub se facebookgroep of besoek die webwerf: Swartland Fotografieklub.