CommunityLatest

Só lyk kandidate vir SM se Wyk 2

Geregistreerde kiesers in Wyk 2 van die Swartland Munisipaliteit moet aanstaande week hul kruisies gaan trek om ‘n nuwe raadslid te verkies.
Die vakature het ontstaan ná die onlangse bedanking van die vorige raadslid, Clive Pypers van die DA.

In Woensdag (30 Junie) se tussenverkiesing vir wyk twee met 4 315 geregistreerde kiesers is daar 5 kandidate op die stembrief.


Elmar Charles Matthew Apollis (ANC), Adriaan Petro Markus (ARA – Africa Restoration Alliance), Sosimelela Mbangatha-Maqoko (EFF), Desmond Christopher Pypers (DA) en Sidney van Rooyen (Onafhanklik) sal sake in dié wyk uitspook.

Sidney van Rooyen (Onafhanklik)

Met die laaste munisipale verkiesing in dié wyk was daar ook vyf kandidate en 4453 geregistreerde kiesers. Daar is toe in die verkiesing vir wyksraadslid 2397 stemme uitgebring.

Daarvan het die DA 1195 stemme, die ANC 936, die NCPSA 223, die EFF 36 en die Cape Party 5 stemme onderskeidelik ontvang.
Die DA het dus 49,85% va ndie stemme gekry, gevolg deur die ANC (39%), NCPSA (9,3%), EFF (1,6%) en die Cape Party (0,2%).
Daar is 2 stemlokale in Wyk 2 waar kiesers kan gaan stem – die Koringbedryfmuseum in Hoofweg en die Gemeenskapsaal in Sentrumweg.
Die stemlokale sal Woensdag 30 Junie oop wees van 07:00 tot 21:00.
*Die volgende landwye munisipale verkiesings is tans geskeduleer vir 27 Oktober vanjaar.

Leave a Reply

error: Content is protected !!