LatestSports

60ste Berg skuif na Augustus

Die 60ste Bergrivier Kanomarathon wat aanstaande week in die Paarl sou afskop, is tot vroeg in Augustus uitgestel.

Die organiseerders van dié ultramarathon het ná die jongste Covid-inperkings besluit om dit na die langnaweek van 5 Augustus te skuif.
Die nuwe datum beteken dat die roeiers die eindpunt in Velddrif op 8 Augustus sal bereik. Organiseerders Brandon Macleod het in ‘n verklaring gesê daar “is vanjaar die meeste inskrywings in baie jare. Ons besef dat almal reisreëlings getref het en akkommodasie vir die wedloop bespreek het, maar vertrou dat hierdie relings maklik verander kan word vir die latere datum.”

Daar is reeds vroeër streng Covid-protokolle ingestel vir roeiers en hul ondersteunende spanne se veiligheid.
Die deelnemers is in kleiner groepe verdeel wat soggens verder van mekaar sal wegspring. Daar is ook streng toegangsbeperkings vir ondersteuningspanne met geen toeskouers nie.
“Die veiligheid en gesondheid van elke persoon word as ‘n top-prioriteit gestel,” het Macleod gesê.

“Die datumverandering gee roeiers ‘n ekstra maand om voor te berei en kan die wedloop moontlik oopstel vir meer roeiers wat belangstel om aan hierdie mylpaal in die Berg se geskiedenis deel te neem,” het hy bygevoeg.

Leave a Reply

error: Content is protected !!