Olivier behaal weer 3-kuns met wenfoto’s

Die Swartland Fotografieklub het hul maandvergadering in die NG Kerksaal op Piketberg gehou.
Herman Olivier van Malmesbury het, soos verlede maand, weer met drie toekennings – dié as wenner in die selfoon- en seniorafdelings asook foto van die aand – weggestap.

Sy wenfoto van die aand (ook die senior wenner) is ‘n landskapfoto getiteld: Breathtaking Still Bay Sunset.

Breathtaking Still Bay Sunset © Herman Olivier

In die junior afdeling het Belinda Ruhl ook van Malmesbury die wenfoto, Wit hier en daar, ingeskryf.

Wit hier en daar ©Belinda Ruhl

Olivier se wenfoto in die selfoonkategorie was Little Red Window Iphone Xs.

Little Red Window Iphone Xs ©Herman Olivier


Die maand se tema was sport- en aksiefotografie. Sy wenfoto in dié afdeling was Pied Kingfisher in Action.

Pied Kingfisher in Action ©Herman Olivier

Peter Hardcastle van Malmesbury het as beoordelaar opgetree.
Hier is nog ‘n paar van die foto’s wat goeie punte behaal het.

Augrabiese watervalle ©Hersia de Jager
Early morning at Lake Stanford ©Theuns Olivier
Nommer 3 ©Adriaan Vlok
Touched by a water fairy ©Herman Olivier
Wagenpad ©Herman Olivier
Wie is jy ©Adriaan Vlok

Vir aanstaande maand se byeenkoms is Lae lig- en Hoë lig-fotografie die tema.
Klubbyeekomste vind elke tweede Donderdag van elke maand in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord op Malmesbury plaas.
Besoek gerus die Swartland Fotografieklub se facebookgroep.

Leave a Reply

error: Content is protected !!