20ste Buite-ekspo lok moontlik rekord besoekertal

Al is dit te vroeg om te sê en is die amptelike syfers nog nie bekend nie, sê die organiseerder van die gewilde kykNET Buite-ekspo wat die naweek gehou is, Marius Opperman, hy sal nie verbaas wees as daar ‘n rekordaantal besoekers die naweek was nie.

Reeds Vrydag was daar meer as dubbeld soveel besoekers as die Vrydag van die laaste ekspo in 2020.
Saterdag het die mense in hul duisende na die ekspo gestroom en in een stadium het die motors ver moes toustaan op die N7. Gister was ook volgens aanduidings besiger as vorige jare.

Die rekord is in 2019 opgestel toe 20 306 die ekspo oor drie dae op Môreson besoek het.
In 2020 was dit baie warm en die besoekertal was 19 879.
Hier is ‘n fotoblik op gister se laaste dag.

Leave a Reply

error: Content is protected !!