Agri/BusinessCommunityNews

Opwipuitstalling straks begin van Malmesbury-eie-winkel

‘n Gesamentlike uitstalling van handgemaakte produkte uit Malmesbury is die naweek by die Kuierhijs op Malmesbury gehou.

Die opwipwinkel was ‘n inisiatief van Malmesbury Makers en het handgemaakte bere, houtspeelgoed, juweliersware, babaklere, geskilderde aandenkings met Malmesbury-tonele en huishoudelike tekstielprodukte met foto en blok-afdrukke ingesluit.
Een van die uitvloeisels van dié uitstalling is dat daar planne beraam word om moontlik ‘n permanente winkel by die Malmesbury Museum in te rig om plaaslike handgemaakte produkte uit te stal en van die hand te sit.

Daar sal voortaan ook geskenkpakke met Malmesbury-produkte beskikbaar wees.
Die museum beplan ook om ‘n ruimte te skep waar gaste kan koffie drink en kuier.

Een van die lede op die beheerraad, raadsheer Tijmen van Essen, sê hulle is ook besig met planne om die museum meer aanloklik te maak vir besoekers.
Daar word ook gekyk na ander aksies in die dorp met die oog op toerisme.

Leave a Reply

error: Content is protected !!