Entertainment

Smit oes louere; fotoklub hou vierledige werkwinkel

‘n Natuurfoto van Johan Smit van Piketberg het vandeesmaand vir hom die prys as algehele wenner ingepalm op die Swartland Fotografieklub se maandbyeenkoms.
Beoordelaar Phillip de Lange het Smit se foto Myne vroeër 27 uit die moontlike 30 punte gegee om die junior afdeling te wen.

Ope Kleur – Myne – ©Johan Smit

Herman Olivier van Malmesbury het pas tot meesterfotograaf in die klub gevorder. Sy foto Fairfield Tranquility het die hoogste punt in die afdeling vir gedrukte foto’s behaal.

Afdrukke – Fairfield Tranquility – ©Herman Olivier

Die tema van die maand was makro- en nabyfotografie. Hier het Ciszanne Crous met haar Natural Beauty die louere ingeoes.

Tema – Natural Beauty – ©Ciszanne Crous

In die afdeling vir selfoonfoto’s het die klub se ander meesterfotograaf, Peter Hardcastle van Malmesbury, die wenfoto: My favourate View ingeskryf.

Selfoon – My favourate View – ©Peter Hardcastle

Hardcastle se Valuable and endangered was ook die wenner in die monokroomafdeling.

Monokroom – Valuable and endangered – ©Peter Hardcastle

Theuns Olivier van Tzaneen se Wet Cold and Hungry is as die beste senior inskrywing en ook wenner in die Ope Kleur-afdeling aangewys.

Ope Kleur – Wet Cold and Hungry – ©Theuns Olivier

In die kwartaallikse gelukkige trekking vir inskrywings in die afdeling vir gedrukte foto’s het Hardcastle die geskenkbewys gewen. Dié kompetisie word deur die spesialis drukstudio en gallery Pictorex op Riebeek-Kasteel geborg.
Die klub se tema vir Julie (14 Julie om 18:00 in die keldersaal van die NG Kerk Swartland-Noord in Bergzichtstraat, Malmesbury) is Long Exposure (lang beligting van 1 sekonde en langer).

Hier is ‘n blik op die ander foto’s wat vandeesmaand 24 en meer uit die moontlike 30 punte ontvang het.

Selfoon – Nursery Ravine View – ©Herman Olivier
Tema – Duwweltjie se blom – ©Peter Hardcastle
Tema – punt van vuurpyl blom – ©Hersia de Jager
Tema – Yellow Trouble – ©Herman Olivier
Monokroom – Plantasie kalmte – ©Theuns Olivier
Monokroom – Some Doors open some doors close – ©Ciszanne Crous
Ope Kleur – Claw – ©Ebeh Kriegler
Ope Kleur – Die rugbylyndans – ©Johan Viljoen
Ope Kleur – DragonFly – ©JP Crous
Ope Kleur – Hoogskop – ©Pieter de Jager
Ope Kleur – huisie onder die sterre – ©Hersia de Jager
Ope Kleur – Ive got this – ©Adriaan Vlok
Ope Kleur – Life is beautiful – ©Herman Olivier
Ope Kleur – Warrior of the sky – ©Peter Hardcastle
Ope Kleur – His Final Breath – ©Ciszanne Crous
I am watching you – ©Pieter de Jager
Ope Kleur – Mistasting – ©Johan Viljoen
Ope Kleur – Kom saam met my – ©Johan Viljoen
Ope Kleur – Scavenging for scraps – ©Ciszanne Crous
Ope Kleur – Trio – ©JP Crous

Julie is ook een van die hoogtepunte op die klub se kalender met ‘n multidissiplinêre werkwinkel op 23 Julie by dieselfde saal. Die dag sluit vier sessies met fotografiekenners in. Die vier onderwerpe wat behandel word, is landskap- en astrofotografie, makrofotografie, eksterne beligting los van die kamera asook kreatiewe fotografie en redigering.
Hierdie werkwinkel was in die verlede baie gewild en is baie bekostigbaar @R200 per persoon. Dit sluit ook ‘n ligte middagete in.

Vir enige navrae oor die klub se aktiwiteite, program vir die jaar of om aan te sluit, skakel die voorsitter Peter Hardcastle by 083 628 9668.

Leave a Reply

error: Content is protected !!