EntertainmentNews

Nuwe lid Olivier neem wenner by fotografieklub

Met die Olivier pa-en-seun-kombinasie, Theuns en Herman, wat reeds vir geruime tyd uitstekend vaar met hul foto-inskrywings by die Swartland Fotografieklub, het nóg ‘n lid van die gesin vandeesmaand die louere kom inoes.

Lucas Olivier het onlangs van Kanada teruggekeer en met sy wenfoto Sunset Windmill Silhouette stof in die ander deelnemers se oë geskop.
Hy het daarmee nie net die afdeling vir gedrukte foto’s gewen nie, maar ook die eerste plekke in die junior afdeling en algeheel.

Afdelingwenner vir afdrukke, junior en algeheel – Sunset Windmill Silhouette©Lucas Olivier

Pa Theuns van Tzaneen en broer Herman van Malmesbury het ook nie teleurgestel nie, en onderskeidelik die tema-afdeling (sonsak- en sonsopkomsfoto’s) met Misty sunrise lake Stanford en die selfoonafdeling met Nature abstract gewen. Nature abstract was ook die senior wenner van die maand.

Temawenner – Misty sunrise lake Stanford ©Theuns Olivier
Senior en Selfoonwenner – Nature abstract©Herman Olivier

In die afdeling vir monokroomfoto’s het nog ‘n gereelde wenner, Ciszanne Crous van Piketberg, die wenfoto Zebra Portrait ingeskryf.

Monokroomwenner – Zebra Portrait © Ciszanne Crous

Hier is ‘n paar van die ander foto’s wat 24 punte uit die moontlike 30 ontvang het.

Gelanseer ©Johan Smit
Healing waters 2 ©Herman Olivier
Impala Portrait ©Ciszanne Crous
Nope guess again ©Antoinette Muller
Country Road ©JP Crous
Sunrise panorama ©Herman Olivier

Die klub hou later vandeesmaand ‘n fotonaweek met ‘n uitstappie na Doringbaai en Gifberg buite Klawer.
Die klub se volgende maandbyeenkoms is op 8 September. Die tema vir September is Powerful Landscapes & City Scapes. Die klub vergader elke tweede Donderdag van die maand in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord om Malmesbury.

Vir enige navrae oor die klub se aktiwiteite, program vir die jaar of om aan te sluit, skakel Hardcastle by 083 628 9668.

Leave a Reply

error: Content is protected !!