Dyomfoma Swartland se Agriwerker vd Jaar
Aphendule Dyomfoma van die Wynkeldershoek-plaas is die Swartland se Agriwerker van die Jaar vir 2022.
Die kompetisie het ten doel om erkenning te gee aan al die personeel vir hul reuse-bydrae tot die landbou.
Dit word reeds vir jare in verskeie streke in die Wes-Kaap deur die provinsiale departement van landbou aangebied saam met Shoprite as medeborg.
In die Swartland word die streekkompetisie deur die bestuurder van die Swartland Wyn- en Olyfroete, Jolene Janse van Rensburg, gekoördineer.
Die prysuitdeling is vanjaar by die Allesverloren Funksielokaal in Riebeek-Wes gehou en die bestuurder van die Swartland Wyn-en Olyfroete, Jolene Janse van Rensburg, het al die wenners gelukgewens met hul toekennings.
Wynkeldershoek het vanjaar die toekenning ontvang vir die bespresterende plaas. Dit is aan Rowan van der Mescht oorhandig.
Dyomfoma was ook die wenner van die voormaanafdeling met Christopher Suister as naaswenner en Relebahile Sephiphathi as tweede naaswenner in daardie afdeling.
Die ander afdelingswenners in vanjaar se kompetisie, is:
Franzette Fortuin van Wynkeldershoek (Algemene werker) gevolg deur Sidwell Oppelt (naaswenner) en Luthando Jam-Jam as tweede naaswenner.
Jean-Claude Alkaster van Lammershoek (Trekkerdrywer) gevolg deur George Booysen (naaswenner) en Johannes Lewies as tweede naaswenner.
Lodewyk Louw van Kloovenburg (Besproeiingspesialis) gevolg deur Jan Fielies (naaswenner) en Olebile Morolong as tweede naaswenner.
Deon Lukas van Kloovenburg (Tegniese Operateur) gevolg deur Nolan Arendse (naaswenner) en Clifton Julies as tweede naaswenner.
Courtney Appollis van Pulpit Rock (Administratiewe personeel) gevolg deur Mary-Ann Arendse (naaswenner) en Werner Appollis as tweede naaswenner.
Kay-Louise Heynse van Kloovenburg is aangewys as die werker met die Beste potensiaal.