Agri/BusinessLatest

Gemeenskap ‘gee gebou terug’

Poskantoor sê dankie

Ons gee vandag die gebou as’t ware terug aan die Poskantoor.
Só het Corlia Spies van die Mount Royal Treasury Trust verduidelik oor die byeenkoms vanoggend by die Malmesbury Poskantoor met ‘n splinternuwe baadjie.

Rolspelers uit die gemeenskap wat by die opknappingsprojek onder leiding van die Malmesbury Sakekamer betrokke was en verteenwoordigers van die SA Poskantoor het by die geskiedkundige gebou byeengekom.
Rian de Jager, streekbestuurder van die SA Poskantoor, het die gemeenskap van Malmesbury bedank vir die werk aan die poskantoor. “Dit laat my as ‘n boorling van Malmesbury se hart weer warm klop om hier verby te ry.”

Hy het sy wens uitgespreek dat die aksie nie “hier sal stop nie, maar dat die gemeenskap ook ander soortgelyke projekte sal aanpak”.
De Jager het bygevoeg dat dié projek ook nou ‘n rimpeleffek het na ander dorpe waar die boodskap uitgekom het. Een daarvan is Wellington waar die poskantoor ook nou opgeknap sal word.

Rian de Jager ( Streekbestuurder van die SA Poskantoor), Anet de Beer (onderburgemeester van die Swartland Munisipaliteit) en Janus le Roux (een van die projekleiers).

Hy het ook namens die SA Poskantoor ‘n brief van dank van die hoof uitvoerende beampte van die Sa Poskantoor aan die projekspan oorhandig.
Spies het gesê dit was ‘n voorreg om by hierdie projek betrokke te wees.

Die groep rolpspelers by die opgeknapte poskantoorgebou.

Janus le Roux, een van die ankerrolspelers in die projek, het “namens die hele gemeenskap van Malmesbury” vir almal bedank wat ‘n bydrae tot die projek gemaak het.
Lennard van Wyk het op sy beurt vir Le Roux bedank en ook die landbouvereniging (Agri Malmesbury) vir hul groot rol in die projek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!