Swartlanders oes SA-titels
Gimnaste van die Malmesbury Gimnastiekklub het die Swartland se vlag hoog laat wapper by die SA Kamioenskappe.
Sewe plaaslike gimnaste het die WP verteenwoordig en ‘n ryk oes van medaljes en SA-titels teruggebring.
Antwan Dicks het in twee afdelings – (vir seuns en gemengde pare) goud en SA-titels gebuit saam met onderskeidelik Aman Ndaba en Lijané van Wyk.
Die kampioenskappe is in die Gymfinity-saal in Benoni beslis.
Die ander lede van die klub wat die Westelike Provinsie by die nasionale byeenkoms verteenwoordig het, is Antoinette Kriek, Hadleigh Odendaal, Sunelle de Bruyn en Chloé Daniels.