Entertainment

Driekuns vir Lucas Olivier

Een van die Swartland se fotografieklub se nuutste lede, Lucas Olivier, het vandeesmaand sy driekuns voltooi toe hy die derde agtereenvolgende maand as algehele wenner aangewys is.

Olivier het met sy inskrywing in die tema-afdeling (Natuur – geen voëls) nie net dié kategorie gewen nie, maar ook die junior afdeling en algehele kompetisie.
Vir sy wenfoto, Autumn Forest, het Olivier ‘n 18mm fokuslengte gebruik met ‘n lensopening van f/20 en ‘n sluiterspoed van 1,5 sek.

Autumn Forest ©Lucas Olivier Tema-, Junior- en Aandwenner
Hunting Crabspider ©Herman Olivier Afdrukwenner
PollieSon ©Adriaan Vlok Ope Kleur- en Senior wenner
Symmetrical Butterfly ©Ciszanne Crous Selfoonwenner
Tango 4 ©Ciszanne Crous Monokroomwenner

Die ander afdelingwenners van die maand, soos deur beoordeelaar Christo Giliomee aangewys, is Adriaan Vlok (Ope Kleur en Senior) met sy foto PollieSon, Ciszanne Crous (Monokroom-afdeling asook die selfoonafdeling) met onderskeidelik Tango 4 en Symmetrical Butterfly en Herman Olivier (afdeling vir gedrukte foto’s) met sy foto Hunting Crabspider.

Die tema vir November is Argitektuurfotografie.
Die klub se volgende maandbyeenkoms is op 10 November.

Hier is nog van die inskrywings wat 80% en meer behaal het.

Augrabies ©Theuns Olivier
Buzzing Away ©Ciszanne Crous
Fly no more ©Ciszanne Crous
Kgalagadi is calling ©Herman Olivier
On Gaurd ©Peter Hardcastle
Ready to produce ©Theuns Olivier
Swartland Sunrise ©Ciszanne Crous
val in die gat ©Adriaan Vlok

Die klub vergader elke tweede Donderdag van die maand in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord om Malmesbury. Die Oktoberbyeenkoms vind egter op Piketberg plaas.
Vir enige navrae oor die klub se aktiwiteite, program vir die jaar of om aan te sluit, skakel Hardcastle by 083 628 9668.

Leave a Reply

error: Content is protected !!