EntertainmentNews

2 Snaarmeesters skop Rata-seisoen af

Twee kitaarmeesters lui Sondagaand die derde somerseisoen van die Royal Arts Town-amfiteater op Riebeek-Kasteel in met tradisionele Westerse klassieke musiek en musiek van Wes-Afrika.

Derek Gripper, bekroonde kunstenaar, komponis en verwerker, is bekend vir sy navolging van Wes-Afrikaanse kora-komposisies op kitaar. Beskryf as ‘n onkonvensionele kitaarspeler, het Gripper al oor die wêreld opgetree in konsertsale, waaronder die Carnegie-saal en die Kennedy-sentrum in New York.
Guy Buttery, ‘n boorling van KwaZulu-Natal, is al as komponis en kitaarspeler as een van Suid-Afrika se mees invloedryke kunstenaars op sy gebied beskryf met grensverskuiwende musiek.
Op die ouderdom van 18 is sy debuutalbum benoem vir ‘Beste Nuweling’ en ‘Beste Instrumentaal’ by die Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (SAMAS). Dit het hom die jongste genomineerde in die geskiedenis van dié toekennings gemaak. Hy het intussen etlike SAMA-nominasies ontvang en is in 2010 en 2014 as wenner aangewys en het ook al oor die wêreld heen gespeel.

Beide Gripper en Buttery het reeds verskeie albums die lig laat sien.
Hulle wil al sedert 2020 ‘n kort toer onderneem, maar verskeie faktore het dit in die wiele gery. Die twee span kragte saam vir ‘n paar Wes-Kaapse optredes in die komende week en sluit dit Sondagaand af op die aand voor Gripper se 45ste verjaarsdag.
Buttery sê hy is ook gevra om sy sitar saam te bring vir sy optredes in die Kaap.
Derek & Guy in Riebeek
13 November
19:00
Kaartjies kos R200.
Bespreek by 082 851 1262.

Leave a Reply

error: Content is protected !!