Meer Riebeek-kunstenaars by Solo Studios 2023
Die beplanning en organisering van Solo Studios 2023 van 18 tot 20 Augustus in die Riebeekvallei is op koers.
Só het Shawn Hewitt gisteraand aan ‘n groep van die deelnemende kunstenaars uit die vallei gesê.

Hewitt, wat die projek vanjaar bestuur, sê daar sal werke van 26 plaaslike kunstenaars uitgestal word in solo – en groepuitstallings.
Die program sluit ook weer sirkelroetes in met gidse wat besoekers op begeleide toere na die onderskeie kunstenaars se ateljees en van die groepuitstallings vergesel.

Die gewilde langtafelgeleenthede maak ook weer deel Solo Studios 2023 uit en die naweek sal as als volgens plan verloop die Sondag op ‘n besondere wyse afgesluit word. Meer besonderhede sal binnekort bekend gemaak word.
Hewitt sê daar is opwindende randaktiwiteite wat deel van die program sal uitmaak.

Hou dié courant dop vir die program en meer inligting soos dit oor die volgende paar maande bekend gemaak sal word. Kaartjieverkope open ook binnekort.