FEATUREDGeneral

Swartland wil aanvulling by BRVAS kry

Die Swartland Munisipaliteit beplan om ‘n watervoorsieningsooreenkoms met die nasionale departement van waterwese te sluit vir water uit die nuwe Bergrivier-Voëlvlei-aanvullingskema (BRVAS).
Die departement het nou 1660 megaliter (1,66milj m³) per jaar aan Swartland toegeken is.

Dié skema sal ná voltooiing deur die wintermaande die Voëlvleidam se voorraad met 23 miljoen m³ (kiloliter) per jaar uit die Bergrivier aanvul.
Die Stad Kaapstad is die grootste gebruiker van water uit die Voëlvleidam. Dié owerheid se aanleg daar kan tot 273 megaliter per dag suiwer en in hul waterstelsel pomp.
Met jaarlikse onderhoud in berekening gebring kan Kaapstad teoreties 98 000 megaliter per jaar uit die dam onttrek.
Studies wat vroeër gedoen is, dui daarop dat die Swartland se huidige toekenning van 9 470 megaliter per jaar uit Voëlvlei teen 2032 te min sal raak.

Swartland het aanvanklike ’n toekenning van 660 megaliter per jaar uit die BRVAS gekry, maar dié toekenning is ná ‘n aansoek vir 2 000 megaliter tot 1 660 verhoog.
Ná breedvoerige ondersoek op elkeen van die owerheid se dorpe vir alternatiewe waterbronne, is dié uit die Voëlvleidam steeds aansienlik goedkoper as die alternatiewe.
Die vergelykende syfer is sowat R4,27 per kiloliter teenoor tussen R25 en R39 per kiloliter.


Dit BRVA-skema behels die bou van ‘n laevlak-keerwal, onttrekkingswerke en pompstasie by die Lorelei-perseel noord van Sonkwasdrif en ‘n 6,3 km lange pypleiding om die water na die Voëlvleidam te pomp.

Leave a Reply

error: Content is protected !!