LatestSports

Tuisveldspoke nekomgedraai in Groot-Uitdaag

Klubrugby in die streek het die afgelope naweek behoorlik momentum gekry met die laaste van die spanne in die Swartlandafdeling van die Boland se Groot-Uitdaagliga wat speelkans gekry het.

Die spanne het mekaar behoorlik laat les opsê en veral die besoekende spanne het seker gemaak die tuissveldspook word nek omgedraai.
Nie een van die tuisklubs se A-spanne in dié afdeling kon seges behaal nie.
Abbotsdale wat vir die eerste keer speelkans gekry het, het die kanse aangegryp en sy Derbywedstryd teen Never Despair met 16-13 gewen.

Moorreesburg het Riebeek United Saterdag met 31-11 geklop.

Porterville het ook vir die eerste keer gespeel en tuis teen Darling kragte gemeet. Die besoekers het die wedstryd met 29-23 gewen.
Wesbank het die grootste telling van die naweek aangeteken toe hulle vir Villagers Wittewater met 53-20 afgestof het.
Riebeek United het die span van Moorreesburg ontvang en moes met 11-31 op hul neus kyk.
Op Riebeek-Wes het Good Hopes met 15-22 vasgeval teen die besoekende span van Saron.

Moorreesburg het Riebeek United Saterdag met 31-11 geklop.

Die twee Swartlandse spanne in die Weskus-afdeling van die Groot-Uitdaag het nie sukses behaal nie.
Koringberg het op tuisbodem met 10-46 teen St Helena vasgeval en Piketberg het in hul wegwedstryd teen net 26-38 voor Velddrif die knie gebuig.

Die komende naweek se tuiswedstryde is dié van Abbotsdale (teen Goodhopes), Darling (teen Never Despair), Moorreesburg (teen Saron), Riebeek United (teen Villagers Wittewater) en Wesbank (teen Porterville).
In die Weskusafdeling speel Piketberg tuis teen Paternoster en Koringberg reis vir hul kragmeting met Saldanha.

Leave a Reply

error: Content is protected !!