News

Dit raak al moeiliker vir munsipaliteite – WDM

Dit word al hoe moeiliker om ‘n stabiele en lewensvatbare finansiële omgewing vir munisipaliteite te handhaaf en slegs 6% van munisipaliteite in Suid-Afrika word as finansieel stabiel gekategoriseer.
Só sê die Weskus Distriksmunisipaliteit (WDM) in ‘n persverklaring.

Die uitvoerende burgemeester van die WDM, raadsheer Boffie Strydom, het die begrotings vir die volgende drie jaar (2023/2024 en voorlopig vir 2024/2025 en 2025/2026) op ‘n raadsvergadering ter tafel gelê.
“Die WDM ondersteun die volgende doelwitte soos uitgelig in die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) en werk hand-aan-hand met die Wes-Kaapse Provinsiale Regering om verskeie provinsiale doelwitte te bereik. Hierdie doelwitte sluit in die skep van geleenthede vir groei en werksgeleenthede; Verbeterde onderwysuitkomste en geleenthede vir die jeug; Verhoogde welstand, veiligheid en die takeling van maatskaplike euwels; Om ‘n veerkragtige volhoubare gehalte en inklusiewe lewe moontlik te maak en goeie bestuur en geïntegreerde dienslewering deur vennootskappe en ruimtelike belyning moontlik te maak,” lui die verklaring.

“Die WDM is onlangs deur die aanlynpublikasie Business Tech aangewys as die bes bestuurde munisipaliteit in die land vir die bereiking van skoon oudits vir 12 agtereenvolgende jare.
“Hierbenewens is die munisipaliteit deur die Wes-Kaapse regering erken vir Beste Munisipale Projek, Kusbestuur (Silwer-toekenning) asook Beste Munisipaliteit (Brons-toekenning).”
Tydens sy voorlegging het Strydom die belangrikheid van ‘n volhoubare finansiële omgewing beklemtoon “as ‘n sleuteldryfkrag om die lewering van kernmandaatdienste te verseker, asook om verdere geleenthede te soek om fiskale beskerming te verbeter en nuwe inkomste te genereer om te vergoed vir die verwoestende gevolge van ‘n krimpende ekonomie.

“Ek is ook trots om te beklemtoon dat personeel en raadslede alle kontraktuele vergoeding sal ontvang, terwyl baie ander munisipaliteite in Suid-Afrika nie in die posisie is om salarisse te betaal of ‘n befondsde begroting te voorsien nie,” het hy bygevoeg.
Die WDM het in hul verklaring ook sommige van die sleuteltoewysings van die munisipaliteit se begroting vermeld.
Die grootste kompoment (36,07%) is aan paaie toegewys, gevolg deur watervoorsiening (29,21%).
Padagentskap: R 182 630 999 (36,07%),
Waterkonsessie: R 147 908 904 (29,21%),
Brandbestryding: R 49 854 917 (9,85%),
Omgewingsgesondheid: R 30 470 152 (6,02%),
Toerisme: R 3 239 555 (0,64%),
Omgewingsgesondheid: R 30 470 152 (6,02%),
Brandweerdiens (ander): R 38 883 910 (7,68%),
Rampbestuur: R 3 467 722 (0,68%),
Sosiale- en Ekonomiese Ontwikkeling: R 4 452 859 (0,88%).
“Die grootmaatwatertarief sal teen 9% styg en sal gemeenskappe van Saldanhabaai, Swartland en Bergrivier raak.” – (persverklaring)

Leave a Reply

error: Content is protected !!