Agri/BusinessNews

Swartland M vra om kragtariewe meer te verhoog

Die Swartland Munisipaliteit is een van ‘n paar plaaslike owerhede wat by die nasionale energiereguleerder (Nersa) aansoek gedoen het vir ‘n gemiddelde tariefverhoging bo die riglyn van 15.10%.

Swartland doen aansoek vir ‘n gemiddelde tariefverhoging van 18,49% – 3,39% bo die riglyn.
Die motivering wat deur die Swartland Munisipaliteit gegee is vir die aansoek is:
“Om te verseker dat die elektrisiteitsdiens nie teen ‘n verlies bedryf word as gevolg van die daling in elektrisiteitverkope as gevolg van beurtkrag nie en om te verseker dat die algehele bedryf en finansiële volhoubaarheid van die munisipaliteit nie negatief beïnvloed word nie.”

Die ander munisipaliteite wie se aansoeke môre op ‘n openbare verhoor van Nersa oorweeg sal word, is eThekwini (18,49%), Msunduzi (21,49%), Oudtshoorn (16%), die Stad Kaapstad (17,6%) en Witzenberg (18,49%).

Die besonderhede van die openbare verhoor is soos volg:
Datum: 15 Junie 2023
Plek: Microsoft Teams (aanlyn)
Tyd: 9:30 – 13:00
Lede van die publiek en belanghebbendes wat die verhoor wil bywoon of hul menings wil aanbied,
moet hul versoek teen 12:30 vandag (Woensdag, 14 Junie) by mnr. Walter Mabunda indien by:
Telefoonnommer: 012 401 4660 of e-posadres: publichearings@nersa.org.za

Leave a Reply

error: Content is protected !!