Agri/BusinessNews

Swartland-vlag wapper hoog in Atkin-wynverslag

Wyne uit die Swartland het vanjaar weer podiumposisies ingeneem in die omvattende verslag wat jaarliks deur die wynmeester Tim Atkin uitgereik word.
Vanjaar het die Porseleinberg Syrah van 2021 die beste punt in die Swartland verower met ‘n uitsonderlike 99 uit die moontlike 100 punte.

Atkin het vanjaar slegs een wyn met ‘n volpunte aangewys en slegs drie kon 99 kry.
Die ses wat 98 gekry het, sluit dié vier Swartlandse wyne in: Damascene Syrah 2021, David & Nadia Plat’bos OVP Chenin Blanc 2022, Sadie Family Columella 2021 en Sadie Family Skerpioen 2022.

Die 2022 Mullineux Straw Wine van 2022 is as Atkin se Algehele Soetwyn van die Jaar aangewys en hy het die Sadie Family Rotsbank 2022 as sy Witwyn-ontdekking van die Jaar aangewys.
Atkin beskou die wyne wat hy 95% en meer gegee het as dié wat goud verwerf het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!