LatestSchools

Weskus se slaagsyfer laer

Die Weskus as onderwysdistrik het ‘n laer slaagsyfer aangeteken in die 2023 matriekeindeksamen as die voorafgaande 2 jare.

Die 77,7% slaagsyfer is 1,3 persentasiepunte laer as dié van 2022 en 3 punte laer as die 80,7% van 2021.
Dit was naas die 2023 slaagsyfer van die Kaapse Wynland-onderwysdistrik (74,7%) ook die laagste in die provinsie met die hoogste slaagsyfer, dié van die Metro-Noord-distrik (85,9%).

Die aantal kandidate wat die eksamen in die Weskus afgelê het was 3205, 106 (3,4%) meer as die 3099 in 2022 en 544 (20,4%) meer as in 2021.

Van die 24 Weskusskole het vier 100% slaagsyfers aangeteken. Hulle is Dirkie Uys (Moorreesburg), Hopefield, Lutzville en Môrester Akademie (Vanrhynsdorp)
Die ander skole wat ‘n slaagsyfer van bo 90% behaal het, is Augsburg Landbougimnasium (98%), Hoërskool Piketberg (97,1%), Hoërskool Porterville (96,4%), Swartland (98,6%), Hoërskool Velddrif (91,9%), Hoërskool Vredenburg (91,2%) en Hoërskool Vredendal (98,9%).

Hier is ‘n skakel na ‘n uitgebreide uiteensetting van vakuitslae (sommige vakke) van die streek se skole in 2023 en 2022.

Leave a Reply

error: Content is protected !!