Unieke tronk-model vir bediening uitgeloot
In ‘n klein tronksel op Malmesbury plak ‘n langtermyngevangene *Jannie lae en lae karton op mekaar en vorm dit om ‘n model-trekker te bou.
‘n John-Deere op skaal.
Hy het al voorheen met karton en ook met vuurhoutjies verskeie modelle gemaak en dit is juis só ‘n model van ‘n sportmotor wat Philip Geldenhuys laat besluit het om hom te vra om dié trekker te maak.
Die fyn besonderhede op die enjin, kajuit en selfs die trekkerwiele is werklik besonders.
Dit het hom drie maande geneem om dié model te bou en met regte John-Deere-kleure te verf.
Die doel van die unieke meesterstuk is om dit uit te loot om fondse in te samel juis vir gevangenisbediening.
Kairos Gevangenisbediening is ‘n jarelange wêreldwye vrywillige Christelike organisasie wat gevangenes en hul gesinne besoek en bedien.
Een naweek in ‘n jaar gaan bedien die vrywilligers ‘n groep gevangenes terwyl hul gades dan ook die gevangenes se familie bedien. Dit word opgevolg met gereelde sessies met die gevangenes en hul familie.
Daar is ‘n beperkte aantal lootjies beskikbaar vir dié modeltrekker. Die lootjies kos R250. Kontak Phillip Geldenhuys by 079 724 6907.
*Jannie is ‘n skuilnaam.