EntertainmentLatestUncategorized

Digters stel boeke vry in woordvallei

Naas die visuele kunste waarvoor die Riebeekvallei die laaste klompie jare bekend geword het, word ander kunsvorme soos woordkuns ook al groter hier.

Elke maand is woordmaand met ‘n poësie-byeenkoms, maar Maart is méér so met twee groot woordgeleenthede. Die maand word afgeskop met die CULT(ure) of POETS se Riebeek Valley Poets’ Rally van 1 tot 3 Maart en dan volg ‘n Dag vol Woorde aangebied deur Hoofstraat Conceptual op 16 Maart.
Rudolph Willemse is ‘n plaaslike kunsfotograaf maar ook digter en sy derde digbundel, Swartland, word dan bekendgestel saam met nog ‘n nuwe digbundel – dié van Andries de Beer (Andries van Pretoria).

Willemse vertel dit is nie net bekendstelling van die boeke nie, maar ook performances.
Die digters vat hande met musikante en gesproke-woord-kunstenaars.
De Beer stel sy bundel bekend saam met Hanru Niemand en Willemse syne saam met Marcel van Heerden, Warrick Swinney en David Wickham.

Kobus Moolman, bekroonde digter en dosent en ook ‘n inwoner van die Riebeekvallei, sal van sy werk voordra terwyl die digters Daniel Hugo en Jan Swanepoel in gesprek sal wees en ook voorlees uit onlangse werk.
Die program begin om 15:30 by die Kerksaal by Hoofstraat 52 op Riebeek-Kasteel en sluit ook ‘n oop-mikrofoonsessie in.

Leave a Reply

error: Content is protected !!