EntertainmentLatest

Riebeek vier groter met 4de Mardi Gras

Promosie

Maartmaand lê om die draai en dit is Mardi Gras-tyd in die Swartland.
Riebeek Valley Events bied weer op Saterdag 2 Maart sy 4de Jaarlikse Mardi Gras-optog op Riebeek-Kasteel aan en vanjaar is daar ook ‘n splinternuwe toevoeging – ‘n “After Party” in Short Street.

Die organiseerders, Sean Cleary-Le Grange en Kobie le Grange, sê: “Dit is tyd om die dorp se strate pers, groen en goud te verf. Trek jou beste Mardi Gras-drag aan en kom deel in ‘n aand van pret en feestelikheid.”
Die optog van kleurvolle kostuums, vlotte, karnavalmaskers, krale en vermaak deur die dorp se strate skop om 17:30 af.
“Ons nooi alle inwoners van die vallei, plaaslike besighede EN besoekers om uit te kom en saam met ons die lewe te vier.”
Enige besigheid, organisasie, skool of individu kan ‘n vlot inskryf. Dit kan enige versierde voertuig wees. Enigiets van ‘n bakkie, motor, platbak, minibus, tuk-tuk, bromponie, motorfiets, fiets, driewiel, kruiwa, rolstoel, go-kart tot skaatsplanke.
“Maak net seker jou vlot is feestelik versier (ons moedig die gebruik van herwinde materiaal vir dié versierings sterk aan).
“Kom geklee in jou Mardi Gras-temakostuum (pers, goud en groen is die amptelike Mardi Gras-kleure), of iets ewe lekker, maar hou dit gesinsvriendelik.”
Daar is ook kontantpryse op die spel vir die Beste Vlot en Beste Kostuum.

Die optog begin om 17:30 voor die Royal Hotel, waarna dit langs Hoofstraat en om die dorpsplein beweeg tot weer by die die Royal Hotel. “Ons is ook baie opgewonde om vanjaar ons eerste jaarlikse Mardi Gras “After Party” in Short Street aan te bied.”
Dit begin om 18:30 en die kaartjies teen R250 per persoon sluit toegang, ‘n verwelkomingsdrankie, lewendige vermaak, kos- en drankstalletjies en hope pret in.
Dit is ook belangrik om daarop te let dat dié viering slegs vir volwassenes sal wees.
Mardi Gras ’24 “After Party”-kaartjies is beskikbaar op Webtickets. Daar is beperkte kaartjies beskikbaar. Maak dus seker dat jy vroegtydig bespreek.
Die volle opbrengs van die “After Party” sal deur Riebeek Valley Community Projects (NPO Verw: 293-443) aangewend word om voedsel-, jeug- en onderwysprojekte in die Riebeekvallei te ondersteun.
Van die plaaslike besighede en restaurante langs die optogroete sal besprekings neem vir die aand. Bespreek gerus ‘n tafel en deel in die feesvieringe.
Saam met dié feesvieringe vind die CULT(ure) of POETS se Riebeek Valley Poets’ Rally onder die vaandel van die For Life Centre ook dieselfde naweek op Riebeek-Kasteel plaas.

Vir meer inligting oor Mardi Gras-optog & “After Party”, en om te registreer om deel te neem aan die Mardi Gras, kontak Sean Cleary-le Grange per Whatsapp by 073 307 8289 of e-pos: sean.cleary@gmail.com

Laissez Les Bons Temps Rouler – Let the Good Times Roll

Leave a Reply

error: Content is protected !!