kykNET Buite-ekspo skop oor 7 dae af
Promosie
Die kykNET Buite-ekspo in die Swartland begin oor 7 dae – weer op die plaas Môreson langs die N7.
8 tot 10 Maart
Hier is ‘n paar redes waarom jy dit nie moet misloop nie:
Vanjaar kan jy uitsien na talle nuwe uitstallers – ‘n wye verskeidenheid buitelug- en kampeerprodukte by meer as 200 stalletjies.

Daar is gratis ritte saam met Andre4x4 op die kykNET en Mahindra Claremont hindernisbaan asook gratis Mahindra-veldrenritte en ‘n Maniac 4×4-ervaring.
Saterdag kuier Suidooster- en Binnelanders-akteurs by die ekspo en neem deel aan Jimmys Sauces en kykNET se Braai met ‘n Twist-kompetisie.
Vir die kinders is daar die Henties-speelpark met ‘n groot verskeidenheid ritte en Lollos kom kuier Sondag.

Die Hankook-verhoog gaan ook weer aan die brand gesing word deur ‘n rits bekende en gewilde kunstenaars met Boerman DJ wat ekspogangers tot laat Saterdagaand aan die skoffel gaan hou op die dansbaan.

Daar sal oudergewoonte ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies wees om die liggaam te voed en jy het ook die geleentheid om Midde-oosterse geure vervleg met dié uit Suid-Afrika en Swartland Wynkelder se wyne te geniet.

Vir ‘n unieke blik kan besoekers die omgewing uit die lug bekyk met helikopterritte deur Mossel Bay Helicopters.
Nóg een van die gewilde komponente is die kuns-en-snuffelmark waar verskeie hand- en tuisgemaakte produkte en lekkernye asook interessante ander produkte en speelgoed beskikbaar is.

Kaartjies kan vooraf gekoop word by Ticketpro (http://tinyurl.com/ym9vtn4a) of op die dag by die hekke.
Besoek gerus http://www.ekspo.co.za vir meer inligting.
