Agri/BusinessFEATURED

Stygings in nuwe Swartland-waardasies wissel

Die Swartland se nuwe tariewe vir dienste asook die nuwe eiendomsbelasting tree op 1 Julie in werking.
Die tariewe en nuwe belastingkoers is tans in die konsepfase vir bekragtiging later.

Daar is ook ‘n nuwe waardasierol. In sommige gevalle is daar ‘n aansienlik groter toename in die nuwe waardasie van ‘n eiendom as by ander.
dié courant het lukraak ‘n paar van die nuwe waardasies vergelyk met dié van 2019. Die idee was om in soverre ons kon vasstel slegs eiendom in te sluit waarop geen verbeteringe sedert 2019 aangebring is nie.

In enkele gevalle was daar ‘n geringe afname in die waardasie en op een sake-eiendom op Malmesbury waar die sonering verander is, het die waardasie met meer as 40% geval
Daar is wel talle eiendomme waarvan die waardasie groot stygings toon.
Onder die voorbeelde is eiendom op Riebeek-Kasteel (134,22% en 93,64%), Riebeek-Wes (88,83% en 120,44%), Malmesbury (93,28%), Moorreesburg (100,97% en 120,56%) en Yzerfontein (72,76%).
Sien grafieke van die eiendomme lukraak gekies.

Die munsipaliteit beplan om die belastingkoers op woon-eiendom met 5,7% te verlaag van 0,5956 sent per jaar vir elke een rand van jou eiendom se waarde tot 0,5624 sent per jaar.
Die koers op kommersiële eiendom sal volgens plan onveranderd op 0,8769 sent bly terwyl landbou-eiendom steeds teen 25% van die residensiële tarief aangeslaan word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!