General

Geduld staan onafhanklik vir wyk 11

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het bevestig dat daar nou ses kandidate is in die tussenverkiesing vir wyk 11 in die Swartland Munisipaliteit op 24 April.
Sharon Geduld staan as onafhanklike kandidaat saam met Alfonzo Mackenzie (EFF), Dihno White (PA), Maude Goliath (DA), Moos Jaanse (Onafhanklike Kandidaat) en Stanford Krotz (ANC).
Sien vorige berigte.

Geduld (54) vertel sy is op Malmesbury gebore en getoë en woon al haar hele lewe “in hierdie wyk”.
“Ek is ook al die jare ‘n gemeenskapsaktivis nie net in my wyk nie maar in alle wyke waar die gemeenskap my nodig het.” Sy is een van die stigterslede van die Swartland Aksiegroep.

“Gangsterism…My grootste bron van kommer is die verval en herstel van ons jeug. Hoe veilig voel jy in jou gemeenskap.”
Sy sê die talle “dumping sites” hou groot gesondheidsrisiko in. “Nog iets wat my na aan die hart lê as ek deur tot deur doen, is die hoë buitensporige munisipale rekeninge wat die oorsaak is dat menige inwoners sonder ‘n ordentlike bord kos gaan slaap.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!