LatestOns Mense

Danie Malan as legende, geliefd onthou

Die dood van Danie Malan (60) van Allesverloren laat ‘n groot leemte.
Hy het diep spore in die wynbedryf en ook die gemeenskap van die Riebeekvallei getrap.

Danie Malan saam met sy seun, Fanie, en een dogter, Daniëlle

Malan was die 5de geslag Malan op Allesverloren en het by sy pa, Fanie, oorgeneem.
Hy het as wynmaker ‘n hele rits toekennings ontvang waaronder Swede se hoogste wyntoekenning, die Golden Glass.
Dit was die eerste keer in 5 dekades se bestaan van die toekenning dat dit deur ‘n Suid-Afrikaanse wynmaker ontvang is.
Malan is veral geloof vir sy baanbrekerswerk in die gebruik van tradisionele portvariëteite om klassieke rooi tafelwyne te maak.

Só het dié courant berig toe Malan die trofee vir die Kampioen Muskadel ontvang het.

Onder die ander toekennings wat hy ontvang het, tel Suid Afrika se Kampioen Muskadel by die Jongwynskou.
dié courant het met Zakkie Bester wat vir jare saam met Malan op die Wynroete gedien het, gesels.
Bester beskryf Malan as ‘n legende, baie geliefd en joviaal. Zakkie Bester gesels oor Danie Malan
Jolene Janse van Rensburg, bestuurder van die Swartland Wyn- en Olyfroete, onthou ook die diep spore wat Malan getrap het en vertel van die indruk wat hy ook op haar as mens gemaak het. Hy was vir jare voorsitter van die Wynroete. “Hy het ‘n groot hart gehad. Ek dink baie min mense weet hoe groot daardie hart van hom was. Ons gaan hom beslis mis. Jolene Janse van Rensburg gesels oor Danie Malan.
Henk Bruwer beskryf Malan as ‘n “besondere wynmens. ‘n Mens het altyd gevoel die manverryk en verruim jou lewe op ‘n manier.” Bruwer gesels oor Danie Malan.
Malan was een van vier kinders. Sy jonger broer, Chris (Dikke), is verlede jaar oorlede. Naas sy vrou Juanita, kinders, skoonkinders en kleinkinders, laat Malan ook sy twee susters, Yvette (Kiewiet) en Helena (Kedoes) agter.
Sy gedenkdiens is Saterdag 21 September om 11:00 by Allesverloren.

Leave a Reply

error: Content is protected !!