Agri/BusinessFEATURED

MRB Sakekamer wil beleggings aanmoedig

Ons planne vir die jaar is om beleggers vir die dorp te kry. Intussen het ons groot suksesse met ons kameraprojek.
Só gesels Fritz Els, voorsitter van die Moorreesburg Sakekamer se direksie, na aanleiding van hul onlangse jaarvergadering.

dié courant het moet hom gesels. Die Moorreesburg Sakekamer is in ‘n niewinsgewende maatskappy omskep en die eerste finansiële state van dié maatskappy is ook op die jaarvergadering voorgelê.
Els sê met die N7-snelweg wat nou opgegradeer is tot by Moorreesburg asook die opgradering van die dorp se rioolaanleg teen ‘n koste van meer as R100m en die internetnetwerk wat betroubare verbindings vir besighede verseker, skep dit meer geleenthede vir potensiële beleggers.
Hy het onlangs met ontwikkelaars uit die Suid-Kaap gepraat wat dalk sal kom.

Oor die kameraprojek in samewerking met Moorreesburg Urban Rural Safety (Murs) en die Swartland Munisipaliteit, sê hy dit is die sakekamer se primêre projek om veiligheid in die dorp te verseker en sodoende dit ook meer aanloklik te maak vir beleggers.
“Ons kamerprojek is ongelooflik suksesvol. Die besigheidsgemeenskap het bymekaargekom en daarvoor geld gegee. Ons het bv. onlangs ‘n man opgetel wat ‘n waterpomp gesteel het. Hy het pas drie jaar tronkstraf gekry.”

Die kameras is “op strategiese plekke – ook waar dwelmsmokkelary plaasvind” en kan ook vir nommerplaatherkenning aangewend word.
Hy vertel ook van dwelmsuksesse saam met die polisie onder die stasiebevelvoerder kapt. Pierre Burger.
Els sê die Mr Price-groep maak binnekort ‘n winkel op die dorp oop en daar is sprake dat nog ander groepe ook in die nabye toekoms winkels op Moorreesburg wil kom oopmaak.

Onder die gaste by die jaarvergadering was die burgemeesters van die Weskus distrik en Swartland, Boffie Strydom (voor naaslinks) en Harold Cleophas (links agter). Saam met hulle is: (voor) Chris Bester (sakekamer assosiaat: produsente), Madelein Groenewald (sekretaresse), Fritz Els (voorsitter), Jannie de Bruyn (finansiële direkteur) en (agter) Cobus vd Merwe (direkteur: beleggingsen eiendom) en Pieter Botha (direkteur: regsaspekte).

Op die jaarvergadering het die sakekamer ook ‘n spesiale toekenning aan Theo Strydom, eienaar van Moorreesburg SPAR, oorhandig. Strydom en sy vrou, Carine, het die winkel in 2007 gekoop. Sy is in 2023 in ‘n motorongeluk oorlede.
Strydom het die winkel nou aan die eienaar van Boland Superspar op Piketberg verkoop en verlaat Moorreesburg teen die einde van Mei. Die sakekamer het hom bedank “vir sy getroue ondersteuning aan vele instansies in die dorp en die verskil wat hy deur sy bydraes aan die gemeenskap gemaak het”.

In ‘n persverklaring bedank die sakekamer die borge wat die jaarvergadering moontlik gemaak het. (Herding Hope – Charlene Fullard; eXp Realty – Chantel Bezuidenhout; Pieter Botha Prokureurs; KMV Meats – Paul & Melissa Carstens)

Die sakekamer het ook hande gevat met die Hoërskool Dirkie Uys in hul Wen ‘n VW Vivo-projek. Staan ‘n kans om ‘n Polo Vivo te wen – Koop jou lootjiekaartjie hier https://tickets.tixsa.co.za/event/wen-n-vivo/tag/MRBsake

Leave a Reply

error: Content is protected !!