GeneralLatest

Piketbergweg ‘kry nie aansluiting na nuwe pad’

Verkeer op die nuwe Malmesbury-aansluitingsverbypad (TR25/1) wat tans onder konstruksie is, sal nie na Piketbergweg kan afklim nie.

Bouwerk aan die nuwe aansluitingspad wat die Hopefield-aansluiting op die N7 met die Riebeek-Kasteel/Paarl-aansluiting verbind, het in Mei 2023 begin.
Volgens die jongste aanduidings sal bouwerk oor sowat vier maande teen einde van Maart 2026 voltooi wees.
Die koste van die pad wat oor 6,7km strek, beloop R640 miljoen.


dié courant het by die Wes-Kaapse provinsie navrae gedoen na aanleiding van onsekerheid by padgebruikers oor of die nuwe pad ook ‘n aansluiting kry na Piketbergweg (die DR1149 wat onder die nuwe sentrum en hospitaal verby onderkant die Malmesbury Polisiestasie by Voortrekkerstraat aansluit).

Die paaiedepartement se antwoord lui: “Daar sal geen toegang tot die verbypad (TR25/1) via die DR1149 wees nie. Die DR1149 sal onder die nuwe pad deur loop sonder verbinding.
“Praktiese voltooiing van die projek word tans vir einde Maart 2026 geprojekteer.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!