LatestSports

Rugby: Grootuitdaagaksie skop af

Te oordeel aan die afgelope Saterdag se klipharde kragmetings in die Swartland Burgemeesterstoernooi, kan toeskouers hulle gereed maak vir ‘n opwindende seisoen.
Abbotsdale het Saterdagaand op Moorreesburg in gietende reën die trofee in dié toernooi vir die tweede keer gelig toe hulle die span van Never Despair in moeilike omstandighede met 5-0 geklop het.
Dit was Spairs se eerste keer in die eindstryd van dié toernooi.

Beide spanne speel in die Boland se Grootuitdaagliga en skop hul veldtog vir vanjaar Saterdag af teen onderskeidelik Riebeek United en Villagers Wittewater.
Abbotsdale speel tuis, terwyl Spairs na Wittewater reis.
Die verdedigende Swartlandkampioen, Wesbank, open hul veldtog met ‘n wegwedstryd teen Koringberg, wat vanjaar terugkeer na die Grootuitdaag.
Porterville speel gasheer vir die spanne van Good Hopes van Riebeek-Wes en Saron ontvang die Melkboere van Darling. Laasgenoemde is Saterdag op Moorreesburg in die halfeindronde deur Never Despair uitgeskakel.
In die ander Grootuitdaagwedstryd in die Swartland speel Moorreesburg tuis teen die besoekers van Mamre.

*Die naweek se bepalings vir die eerste reeks wedstryde in die SwartWeskus-afdeling van die Streekuitdaag lyk só (tuisspanne eerste):
Voorberg vs Louwville
Coronations vs White Spirits
Young Tigers vs Malmesbury
Universals vs Young Eagles
Broodkraal vs Flying Eagles
Mountain Eagles vs Zebras

Leave a Reply

error: Content is protected !!