Agri/BusinessNews

‘Klante is nommer 1’ – Whare

PNA Malmesbury

Met haar wortels reeds van skool af in die Swartland vertel Lee-ann Whare sy sien uit daarna om bestaande en nuwe klante van PNA Malmesbury van diens te wees.
Sy het onlangs die posisie as bestuurder van die PNA-winkel in die De Bronsentrum op Malmesbury opgeneem.

Lee-ann Whare, nuwe winkelbestuurder van PNA Malmesbury

Whare vertel aan dié courant dat sy oorspronklik van Milnerton kom, maar aan Smuts Malan op Riebeek-Wes gematrikuleer het. Daarna het sy ‘n raps meer as 20 jaar gelede in Kaapstad deeltyds in die kleinhandel begin werk, terwyl sy studeer het in gesondheidsorg.
“Maar om een of ander rede het die kleinhandelgogga my gebyt en toe vir die volgende 13 jaar het ek alles wat ek moontlik kon oor die kleinhandel by Stuttafords geleer.”
Sy het haar pad opgewerk tot assistent-administratiewe bestuurder.
Daarna het Whare tot vroeër vanjaar met internasionale handelsmerke in die kosmetiese afdelings van verskeie winkelgroepe gewerk.

Haar ouers het hulle 17 jaar gelede op Malmesbury gevestig waar haar pa sy eie onderneming bedryf. Haar twee jonger broers was in Laerskool Swartland en Hoërskool Swartland.
Whare sê haar dogter is reeds sedert verlede jaar op Malmesbury op skool en sy het ook hierheen verhuis.
Sy is “opgewonde en oorgehaal om nou in die wêreld van boeke, kunsmateriaal en skryfbehoeftes die gemeenskap van die Swartland van diens te wees.
“Ek glo klantediens is nommer 1. Dit is die enigste manier hoe jy klante behou, terugwen en nuwes bykry.
“Klante koop waar hulle die meeste welkom en gewaardeer voel.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!