Voëlvlei styg met 65 000 swembaddens
Steeds meer as 11 persentasiepunte laer as 2025
Die watervlak van die Voëlvleidam het sedert Sondagmiddag met ‘n 1,2 persentasiepunte gestyg, maar is nog nie by die halfpadmerk nie.
Die vlak is vanoggend op 49,62% gemeet in vergelyking met die 48,42% van Sondagmiddag.
Met ‘n kapasiteit van 164 000 000 m³ (kiloliter) verteenwoordig die afgelope paar dae se styging sowat 1 968 000 m³ water.

Dit is sowat 20% van die Swartland Munisipaliteit se jaarlikse gesamentlike toekenning uit die Voëlvlei- en Misverstanddam van 9 473 600 m³.
Die 1 968 000 m³ sal sowat 65 500 gemiddelde grootte swembaddens van 30m³ vul, maar ‘n vol Voëlvleidam kan 5,47 miljoen swembaddens vul.
Die vlak van die dam was vandag ‘n jaar gelede op 60,65% (99 466 000 m³ water). Dit is 18 089 200 m³ meer as vanoggend se 81 376 800 m³.
Die vlak is tans volgens die departement van Waterwese se statistiek op die grens van normaal en gemiddeld laag.

