Groote Post bied Sondag 27 Oktober saam met die maandelikse kontreimark weer ‘n Country Run aan.
Gemik op die hele gesin is daar drie roetes om van te kies.
Die afstande wissel tussen 21km (begintyd is om 06:30), 10km (begintyd is om 07:00) en ‘n 4km (begintyd is om 07:30).
Vir meer inligting en inskrywings skakel 022 451 2202
Kuier ná die Country Run by die gewilde familiemark met heerlike plaaslike produkte, kos, wyn, trekker- en perderitte en vermaak.