EntertainmentFEATUREDGeneral

Swartland Fotografieklub vier 10 jaar ná herlewing

Die Swartland Fotografieklub het verlede week sy tiende verjaarsdag ná herlewing gevier met ‘n spesiale aand in die saal van die NG gemeente Swartland-Noord op Malmesbury.
Onder die gaste was die Swartland-burgemeester en sy gade, Tijmen en Doedtie van Essen, verskeie oud-voorsitters asook voorsitters van ander klubs, oud-lede en meesterfotograwe.


Nicol du Toit het as die Wes-Kaap se streeksdirekteur van die PSSA (Fotografievereniging van Suid-Afrika) dié organisasie verteenwoordig en ook as beoordelaar opgetree.


Die tema vir Junie was bejaardes en die wenner in dié afdeling was fotograaf Peter Hardcastle se Vader Tyd.


Die wenner in die senior kategorie was fotograaf Pieter Swart se afdruk genaamd Shades of Beauty.


Daar was ‘n spesiale afdeling vir gedrukte foto’s met 40 gedrukte foto’s wat deur die klub se lede ingeskryf is.
Die wenner in dié afdeling was fotograaf Theuns Olivier se Lake Vic fishing. Dit was ook die junior wenner asook die algehele wenner van die aand.

Leave a Reply

error: Content is protected !!