Malmesbury hou skou

Die jaarlikse Malmesbury skou het gisteroggend afgeskop met meer as ‘n honderd perdeklasse wat tot môremiddag in die arena plaasvind.

Die jeugskou, waar kinders met hoenders, vleisskaap, wolskaap, bokke, asook beeste en perde geskou het, is gistermiddag afgehandel.

Vandag se program word afgesluit met die jaarlikse biefstuk-ete en dans.

Môre se vol pogram sluit kindervermaak met ‘n poppekas, veteraantrekkers, musiekoptredes en ‘n boerboelskou in.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!