CommunityEntertainmentFEATURED

Volop pret en Mnr SA by basaar

Die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Malmesbury hou Basaar van 29 November tot 1 Desember op die Wesbank-sportterrein (C-veld).
Die tema vir vanjaar se basaar is: Afrika, Alles wat mal is ! !
Kamp teen R300.00 vir die hele naweek, 8 persone per plot.

Om teleurstelling te voorkom bespreek u plot by die kerkkantoor.
Daar is ‘n verskeidenheid stalletjies en potjiekos en aktiwiteite sluit “Quad Bikes”, springkastele, “Slip & Slides” en pretritte vir die kinders in.
Skryf in vir die Karaoke-kompetisie Vrydagaand om 19:00 en Saterdagaand om 18:00.

Ook is daar die talentkompetisie: Malmesbury’s Got Talent (MGT) en Sport: Toutrek.

Mnr SA, Heinrich Gabler

Eier -en -Lepel, Driebeen, Kruiwastoot, Lekkers in meel en Sakresies.
Met die die Afrika-tema is daar ook ‘n Mnr/Mej/Mev VGK Malmesbury.
Die gemeennte nooi almal ook uit na die feesdiens op Sondag, 1 Desember op die veld met Mnr. Suid Afrika, Heinrich Gabler.

Vir navrae en besprekings, kontak die kerkkantoor by 022 486 5416 op e-pos: vgkmalmesbury@telkomsa.net

Leave a Reply

error: Content is protected !!