Sports

Malmesbury se jong toutrekkers reis na Worcester

Die Malmesbury Toutrekklub neem tans deel aan in die junior seisoen wat nog tot in Maart duur.
die klub se lede sal van 12 tot 14 Maart ook by die SA Kampioenskappe by HTS Drostdy op Worcester hul staal wys.

Die “kaalvoete” (ouderdom 7 tot 13) het Saterdag aan die tweede liga-kompetisie by die Kraaifontein-rugbyklub deelgeneem.
Dit was die nuwelinge se eerste kompetisie vir die jaar. Komende Saterdag, 1 Februarie, reis hulle na Worcester vir die byeenkoms by Worcester Gimnasium.

Foto: Verskaf

Die klub oefen Dinsdae en Donderdae van 18:00 tot 19:00 by die sportgronde langs die Dieprivier (oorkant McDonalds).

Leave a Reply

error: Content is protected !!