General

‘Spaar steeds water terwyl dit nog in damme is’

Die jongste gemiddelde damvlak vir die Wes-Kaap is 50,5% (2019: 45%). Die damme wat water aan die Stad Kaapstad voorsien, is 68,4% vol (2019: 56,8%).
Die Voëlvleidam is tans op 69.44 % teenoor 71.53% verlede jaar. Volgens ‘n verslag van die Stad Kaapstad was die dam se vlakke op die ooreenstemmende datum die vorige paar jaar onderskeidelik op 17.2% in 2018, 38,5% in 2017 en 24,7% in 2016.

Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap, sê die voorspelling vir die winterreënvalseisoen is nog steeds grootliks onseker en onvoorspelbaar.
“Die grootste stedelike gebiede in die Wes-Kaap kry tradisioneel die grootste deel van sy water uit die winterreënval.

“Die afgelope twee seisoene het goeie reënval gehad dat damvlakke in die grootste dele van die provinsie herstel het.
“Maar ons kan nog nie vir vanjaar goeie reënval verseker nie, daarom moet ons almal aanhou werk om optimale waterbestuur en waterbesparing te verseker. ”
Bredell sê die provinsie beplan nou vir die Desember-somertydperk waar die stelsel weer onder druk kan wees as die nodige reën nie oor die wintermaande val nie.
“Die beste tyd om water te bespaar, is wanneer ons dit nog steeds in ons damme het. Ek wil deurlopende voortgesette, verantwoordelike watergebruik aanmoedig,” het hy gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!