Latest

Schoonspruit oud-leerder praat oor reünie, Afrikaans

Na aanleiding van ‘n onlangse berig deur dié courant oor die taal van onderrig in skole in die Swartland, het ‘n oud-leerling van Schoonspruit Sekondêr, dr. Desmond Desai, met dié courant gesels oor die kwessie van taalonderrig.

Desai sê in 1969 toe hy gematrikuleer het was die medium van onderrig sonder ‘n enkele uitsondering Afrikaans”.
Hy het onlangs gehelp reel aan sy matriekklas se reünie van 50 jaar wat op Malmesbury gehou is.

“Ons het ons vriendskappe in ons geliefde Afrikaans hernu, hoewel baie van ons vriende, om verstaanbare redes, lankal reeds verengels het”, sê hy.
Hy meen dat die onlangse beriggewing van sy ou skool wat nou in graad 8 en 9 in beide Engels en Afrikaans onderrig aanbied, gesien moet word teen die agtergrond van onvermydelike en drastiese veranderinge in ons land.
Baie opvoedkundige instellings, waaronder twee waar hy klasgegee, “doen dit al dekades lank”.


Aan die Universiteit van Wes-Kaapland, waar hy 13 jaar klas gegee het, “word die studente eksklusief in Engels onderrig.
“Waarom dan nou eers in ons ou skool?” het hy gevra.
“Ek is self Afrikaans en baie lief vir die taal, maar het ook verengels.
“Maar wonder sommer hoe dit met die onderwysers gaan met die groter klasse en die twee tale waarin hulle nou moet onderrig en praktiese goed soos ook vraestelle in ‘n ekstra taal moet opstel.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!