FEATUREDSports

Edas-sibbe begin goed met moordende Darling-tydren

Die Darling-tydren is Saterdag in baie warm toestande in en om dié dorp beslis en die toestande het behoorlik hul tol geëis met ‘n hele klompie deelnemers wat nie die dag kon voltooi nie.
Die Swartland se broer-en-suster Juneyed en Reyanah Edas het met hul debuut uitstekend gevaar om in hul S3 Hyundai Malmesbury Toyota Tazz 1.6i eerste in die S3-afdeling en die 6de plek algeheel te behaal.


Die twee het ‘n voorspoedige dag gehad, maar op die laaste skof ook bietjie teëspoed opgetel en moes vir 2km met ‘n pap buiteband ry om die skof te voltooi.
En as dit nie was dat hulle ná een skof bietjie haastig ingeklok het by die dienspark nie, was hulle in die 5de plek, maar toe is hulle met tyd beboet om ‘n algehele tyd van 1 uur 23 minute en 13 sekondes aan te teken.
Die Darling Tydren was die openingsronde van die 2020 Kampioenskap en John Peiser en Weston Peiser in hul S5 Subaru Impreza GT 2.0 Turbo 4×4 (01:04:55) het dit met ‘n skamele 12 sekondes gewen voor Shaun Jones en Jason Thorpe in hul S5 Subaru Impreza STi 2.0 Turbo 4×4.

Llewellyn Jones en Christophé Pichon in hul S5 Subaru Impreza STi 2.0 Turbo 4×4 om ‘n draai op die eerste skof


Die kampioene van 2019, Llewellyn Jones en Christophé Pichon in hul S5 Subaru Impreza STi 2.0 Turbo 4×4, het derde geëindig om die Subaru-driekuns te verseker.
Die ander uitslae was:
4de – Sakkie van Zyl en Henry Köhne S2 Golf MkI 1.6i.
5de – Owen Jones en Tessa Jones S5 VW Polo 1.6 Turbo
6de – Juneyed Edas en Reyanah Edas S3 Toyota Tazz 1.6i
7de – Paul van Wyk en Tania Vermaak S3 Volkswagen Golf MkI 2.0 8v
8ste – Rupert van Zyl en Pieter van Zyl S4 Mitsubishi Lancer GT1800
9de – Gareth Vernon en Gillian Vernon S2 Volkswagen Golf MkI 1.4i
10de – Julian Calvert en Nicholas Knights S3 Volkswagen Golf GTi 2.0 8v
11de – Piet Bakkes en Shaun Visser S3 Volkswagen Golf MkI 2.0 8v


Die volgende ronde vind op 4 April by Klipdale plaas.

Leave a Reply

error: Content is protected !!